Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ons is opgewonde oor Refentse Morake

$
0
0

Ons is om baie redes opgewonde oor 2017 en nie nét die blote feit dat “Die Aaklige 2016″ verby is nie. Ons lys van vandag af al die redes hoekom jy kan uitsien na die nuwe jaar, en meer spesifiek, al die name van Suid-Afrikaners wat ons opgewonde maak. Van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante. Hierdie mense is die voorlopers, innoveerders en kreatiewes en maak ons trots oor wat in Suid-Afrika aan die gebeur is.

Jy ken hulle dalk alreeds maar indien nie, is dit ons voorreg om jou aan hierdie Suid-Afrikaners bekend te stel. Ons is opgewonde oor wat hulle doen en hul projekte is op ons redaksie se lys van dinge om te sien, doen, lees en na te luister in 2017.

refentse

Afrikaans is Refentse Morake van Vereeniging se hartstaal – hoewel Sesotho sy huistaal is.

Dié jong man gaan van krag tot krag.

Wees op die uitkyk vir hom by vanjaar se KKNK, waar hy in 2016 landwyd bekend geword het. Hy het op die sypaadjie kitaar gespeel en gesing toe die rocker Karen Zoid hom nooi om saam met hom te sing. Hy kon sy geluk nie glo nie … en sê hy knyp homself nou nog soms.

Die res is geskiedenis: Refentse het sy eerste CD, My hart bly in ’n taal, verlede jaar uitgereik − en dit het trippel goue status bereik!

En vanjaar wil hy einde April sy tweede CD, ook in Afrikaans, uitreik. Dit het nog nie ’n naam nie, maar sal uit vyftien liedjies bestaan. En dit is baie in die styl van sy eerste album, beloof hy.

“Ek sien baie uit na die KKNK, want dit is waar ek my eerste platekontrak losgeslaan het. Ek kan ook nie wag om na die ander kunstenaars se vertonings te kyk en die verhoog met hulle te deel nie.”

Refentse glo in die goedheid van die mensdom, bewonder die wonders van die aarde, en ja, hy glo in wonderwerke.

“Ek sing oor verlore liefde, dinge waarna ons verlang – goed wat ons almal ken.”

En hy hoop met sy hele hart om met sy musiek brûe te bou en mense in goter harmonie saam te laat leef.

Lees nou

Ons is opgewonde oor … Jason Jacobs!

The post Ons is opgewonde oor Refentse Morake appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294