Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ons is opgewonde oor Dean Smith

$
0
0

Ons is om baie redes opgewonde oor 2017 en nie nét die blote feit dat “Die Aaklige 2016″ verby is nie. Ons lys van vandag af al die redes hoekom jy kan uitsien na die nuwe jaar, en meer spesifiek, al die name van Suid-Afrikaners wat ons opgewonde maak. Van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante. Hierdie mense is die voorlopers, innoveerders en kreatiewes en maak ons trots oor wat in Suid-Afrika aan die gebeur is.

Jy ken hulle dalk alreeds maar indien nie, is dit ons voorreg om jou aan Dean Smith bekend te stel. Ons is opgewonde oor wat hulle doen en hul projekte is op ons redaksie se lys van dinge om te sien, doen, lees en na te luister in 2017.

Dean smith

FOTO Henk Oets

Hierdie belowende jong akteur het verlede jaar sy merk op die teatertoneel gemaak toe hy ’n Fiësta-toekenning as beste manlike byspeler gekry het vir sy spel in Die dag is bros.

In dié stuk het hy die verhoog gedeel met die gesoute Sandra Prinsloo. Hy vertel dat dit vir hom ’n voorreg was om saam met haar te kon speel. “Sy leer jou so baie, nie net oor acting nie, maar ook oor die bedryf. Sy is so nederig, sy luister altyd na ’n mens en is altyd bereid om te help.”

Wat doen jy?
Ek is ’n vryskutakteur. Ek het in 2015 my honneursgraad in drama voltooi aan die Universiteit Stellenbosch. Sedertdien het ek nogal besig gebly, meestal met teaterstukke.

Waaroor is jy in 2017 opgewonde?
“Ek hou van die onvoorspelbaarheid van die bedryf waarin ek is. Ek wil nie in ’n roetine verval nie. Ek soek die heeltyd na nuwe dinge om te doen en te leer. Ek sien ook baie daarna uit om ervaring op ’n sepiestel op te doen.”

Is daar iemand in wie se spore jy wil volg?
Ek steel waar ek kan van mense in die bedryf om my vaardighede uit te brei en om my eie styl te kan skep. Ek kyk op na akteurs soos Dawid Minnaar en Albert Pretorius. Dis mense wat vooruit loop en by wie ek baie goed leer.

Gunsteling-woord in Afrikaans?
Pantoffel, want dis so lekker eksplosiewe woord. In Afrikaans is daar soveel unieke woorde soos gogga wat net so lekker op die tong lê.

Lees nou

Roelof Temmingh

Refentse Morake

Irma Venter

The post Ons is opgewonde oor Dean Smith appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294