Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Beyoncé swanger met ’n tweeling

$
0
0

Sy het die nuus van haar swangerskap in ware Beyoncé-styl gebreek. Die Grammy-wenner het ’n foto van haarself in onderklere en ’n sigbare bababoep op Instagram gedeel. Langs die foto het sy geskryf dat sy nie net een nie, maar twee pienkvoete verwag. Gepraat van pajama-drill!

Beyoncé en haar rapper-man, Jay Z, het reeds ’n vyfjarige dogtertjie, Blue Ivy. Die paartjie is al nege jaar getroud.

Beyoncé hou van verrassings. In 2011 het sy die nuus van haar eerste swangerskap op die verhoog by die MTV Music Video Awards gedeel. Net nadat sy haar treffer “Love on Top” gesing het, het sy die mikrofoon neergegooi, haar baadjie oopgeknoop en aan haar sigbare magie gevryf.

Kyk die video hier:

Gister het die Amerikaanse sanger Pharrell Williams en sy vrou, Helen, ’n drieling in die wêreld verwelkom. Lees meer hier.

Lees nou

5 dinge wat jy moet weet voor jy jou haarstilis besoek

Sienna Miller se ma is … Afrikaans

#SARIEfees is hier!

The post Beyoncé swanger met ’n tweeling appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294