Die 12 finaliste in die Mej. Suid-Afrika 2017-kompetisie is gisteraand aangewys en jy kan van môre af begin stem vir jou gunsteling!
Hier is vyf vinnige feite oor vanjaar se kompetisie:
• Mej. SA vir 2017 word Sondag 26 Maart by die Superbowl in Sun City gekroon. Die geleentheid word regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.
• Die nuwe Mej. SA sal nie net die mooiste ambassadeur van die land wees nie, maar ook deel word van die eksklusiewe klub van miljoenêrs. Danksy die hoofborge, Sun International en Cell C, wen sy R1 miljoen in kontant.
• Elke finalis stap met ’n kontantprys van R25 000 weg.
• Vanjaar tel die publiek se stem 25% van die algehele punte wat die wenner sal bepaal. Die stemproses open om middernag vanaand.
Hier is die 12 finaliste vir 2017 in alfabetiese volgorde:
Ade van Heerden, 25, mediese student van Heroldsbaai, Wes-Kaap
Boipelo Mabe, 23, meesterstudent van Alexandra, Gauteng
Demi-Leigh Nel-Peters, 21, BCom-finalejaarstudent van Sedgefield, Wes-Kaap
Iman Mkwanazi, 26, professionele model van Lenasia, Gauteng
Kayla Malherbe, 21, professionele model van Mtunzini, KwaZulu-Natal
Nicole van Niekerk, 26, geleentheidskoördineerder van Môregloed, Pretoria
Nompumelelo Mampholo, 20, sakevrou van Diepkloof, Soweto
Odirile Sepeng, 23, regstudent van Mabopane, Pretoria
Priyeshka Lutchman, 24, student en model van Durban
Shané Naidoo, 24, ingenieurstudent van Benoni
Shelbe Pretorius, 23, sakevrou van Krugersdorp
Yuta Raubenheimer, 25, kliëntedienstoesighouer van Kameeldrift, Pretoria
Lees nou
FOTO: Voormalige Mej. SA Nicole Flint trou
Kry die voorkoms: Mej. SA se glansryke grimering
Voormalige Mej. SA Vanessa Carreira se drieling verjaar!
The post Ontmoet die Mej. SA-finaliste appeared first on SARIE.