Haar kenmerkende swart hare is iets van die verlede. Die Amerikaanse sanger Katy Perry het besluit om haar lokke platinumblond te kleur. Dis omtrent ’n verandering!
Sy het ’n foto van haar nuwe haarstyl op sosiale media gedeel. Die foto is glo ’n voorsmaak van ’n nuwe hoofstuk in haar loopbaan, berig The Mirror. Sy het vier jaar laas ’n nuwe album, Prism, vrygestel.
Toe
Nou
Katy gaan Sondag ’n nuwe liedjie by die Grammy-musiektoekennings opvoer. Ons wonder of haar akteur-kêrel, Orlando Bloom, haar na dié geleentheid gaan vergesel.
Lees nou
Supermodel Christie Brinkley weer in bikini
5 nuusstories vir vandag, 7 Februarie 2017
Ma Candice Swanepoel spog met Anacã
The post ’n Nuwe (blonde) era vir Katy Perry appeared first on SARIE.