Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ons is opgewonde oor Regardt Scheepers

$
0
0

Ons is nié net opgewonde oor 2017 omdat 2016 verby is nie. Dis wat die mense van ons land – van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – alles vanjaar doen wat ons die meeste opgewonde maak. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Volgende op ons lysie is die musikant Regardt Scheepers. Miskien het jy hom en sy kitaar al op die verhoog gesien, maar indien nie, stel ons jou graag voor. Sy projekte is op ons redaksie se lys van dinge om te sien, doen, lees en luister in 2017.

Regardt Scheepers

Vertel ’n bietjie meer oor jou kitaar-opleiding. Hoe oud was jy toe jy begin speel het?

Ek het begin kitaar speel toe ek omtrent 12 of 13 jaar oud was. Ek het meestal myself leer speel met die hulp van my pa wat back in the day ook in ’n band gespeel het. Ek het wel aan die einde van my hoërskoolloopbaan vir ’n tydjie lesse geneem. Aanvanklik het ek in ’n regsrigting studeer maar gou agtergekom dit is nie vir my nie. In 2015 het ek my honneursgraad in musiek behaal by die Campus of Performing Arts (COPA).

Speel jy voltyds kitaar?

Ek is ’n voltydse musikant, ja. Gedurende die dag komponeer ek musiek vir televisieprogramme (van sy komposisies is te hoor op MegaBoere op kykNET, op Via se Op pad met Dana en in die lokprent vir die fliek Dis ek, Anna), maar ek probeer minstens vier uur per dag eenkant sit slegs vir kitaar aangesien dit my hoofinstrument is, maar dit wissel maar van dag tot dag. Musiek as ’n geheel maak ongeveer 6-8 uur van my dag uit.

regardt scheeprs

FOTO Marguerite de Villiers

Waar kan mense jou sien speel vanjaar? Na watter projekte kan ons uitsien?

Mense sal my maar moet dophou op sosiale media (volg Regardt op Instagram)! Ek gaan orals oor die land wees. Ek speel vir Jesse Clegg, Radio Raps, Tailor en Justin Serrao, so ek gaan redelik bedrywig wees.

Waaroor is jy opgewonde in 2017?

Een ding wat my altyd opgewonde maak, is om aan die einde van elke jaar te sien hoe baie ek gegroei het, as musikant en ook as mens. Die lewe is so onvoorspelbaar en om te dink dat daar enige tyd ’n reuse-geleentheid na jou kant toe kan kom, maak dat ’n mens nie anders kan as om opgewonde oor lewe te wees nie!

Gunsteling- Suid-Afrikaanse liedjie?

Mango Groove se “Special Star”.

Jou loopbaanhoogtepunt sover?

Hmmm … dit is so moeilik om te kies aangesien daar al so baie en verskillende hoogtepunte was: van op nasionale TV optree (ek het op 7de Laan gespeel) tot blommemeisies begelei wat op Justin Serrao se weergawe van “Kinders van die wind” by ’n troue instap. Maar as ek moet kies, sal ek sê dit was my optrede saam met Jesse Clegg by ’n uitverkoopte Kirstenboschkonsert.

Lees nou

Ons is opgewonde oor … Lynelle Kenned!

Ons is opgewonde oor Refentse Morake

The post Ons is opgewonde oor Regardt Scheepers appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294