Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

’n Tweeling vir George en Amal

$
0
0

Eers ’n getroude man, nou ’n pa. Tien jaar gelede sou niemand kon dink dis hoe George Clooney se toekoms gaan lyk nie. Die Hollywood-ster en sy Britse menseregteprokureur-vrou, Amal, gaan glo ’n tweeling hê!

Gister het Julie Chen, aanbieder van die kletsprogram The Talk, dit bevestig.

“Dis nie net Beyoncé wat ’n tweeling verwag nie. George en Amal Clooney moet ook gelukgewens word,” het sy op die program gesê. Chen het glo eers die nuus laat bevestig voordat sy dit op The Talk gebreek het.

Kyk die insetsel hier:

Daar word al ’n geruime tyd bespiegel oor of die 39-jarige Amal swanger is. Sy is al hoe meer in losser tops en rokke gesien. Die tweeling maak glo in Junie hul opwagting.

George en Amal is in 2014 in Venesië getroud nadat hulle mekaar die vorige jaar by ’n liefdadigheidsgeleentheid ontmoet het.

Bronne: The Talk, Entertainment Tonight Online

Lees nou

Rosie Huntington-Whiteley is toe swanger

Angelique Gerber se gesondwees-geheim

Bekendes se nuwe hare

The post ’n Tweeling vir George en Amal appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294