Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Emma Stone tel 7 kg op vir nuwe rol

$
0
0

Gewig aansit of verloor vir ’n filmrol is niks nuuts nie. Om die waarheid te sê kan dit jou dalk net in aanmerking bring vir daardie gesogte Oscar-beeldjie. En nou het een van ons gunsteling-aktrises, Emma Stone, ook dié drastiese stap geneem vir haar nuutste rol.

Christian Bale het byna 30 kg verloor vir sy rol in The Machinist. Charlize Theron het 15 kg opgetel vir Monster. Natalie Portman moes sowat 10 kg verloor om die ballerina in Black Swan te speel.

En ná die sukses van La La Land moes Emma Stone ook gewig aansit vir haar rol in Battle of the Sexes.

Sy speel die rol van die Wimbledon-tennisspeler Billie Jean King en die 7 kg is nie vet nie, maar pure spiere.

 

Battle of the Sexes

Battle of the Sexes gaan oor ’n ware gebeurtenis: die tenniswedstryd in 1973 tussen Billie Jean King en die voormalige manskampioen Bobby Riggs (gespeel deur Steve Carell). 

Kyk net hier hoe baie lyk die akteurs (onder) na Billie en Bobby. 

 

You have to see it to be it. -Billie Jean King #battleofthesexes

 

A photo posted by xoxo (@emmastone) on

Die wedstryd het ’n lansie gebreek vir feminisme omdat Bobby berug was vir seksistiese kommentaar soos: “Die beste manier om ’n vrou te hanteer is om haar swanger en kaalvoet te hou.”

Billie het ná vele uitnodigings uiteindelik ingestem om teen Bobby te speel en nagenoeg 50 miljoen Amerikaners het nader geskuif vir die stryd. Billie het destyds gesê:

Ek het gedink dit sal vroue 50 jaar terugsit as ek nie wen nie. Dit sal die vrouetoer se ondergang beteken en alle vroue se selfrespek beïnvloed.

The post Emma Stone tel 7 kg op vir nuwe rol appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294