Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Christia, Elvis Blue & Sorina gesels liefde

$
0
0

Vandag is ’n spesiale dag vir die wêreld se verliefdes, verloofdes en ou- en pasgetroudes. Wat doen bekendes op Valentynsdag? Vlieg hulle na ’n verlate eiland, gaan eet hulle uit in ’n deftige restaurant of koop hulle vir mekaar ’n nuwe ryding? SARIE.com het drie Afrikaanse bekendes gevra wat die dag vir hulle beteken.

Christia Visser, Afrikaanse aktrise

Vir Christia beteken Valentynsdag ’n dag sonder fieterjasies en clichés. Maar wat laat haar hart vinniger klop? Die natuur met net haar geliefde aan haar sy.

Christia Visser

FOTO Leana Clunies-Ross

1. As jy op enige plek ter wêreld Valentynsdag kon vier, waar sal dit wees en waarom?

Iewers waar dit stil en mooi is. Elke land het sulke plekke. Iewers waar ’n mens miskien kan swem en die natuur jou omring. Valentynsdag is so vol clichés en geld. Ek sal die dag net alleen saam met my geliefde wil deurbring, net so sonder enige fieterjasies. Miskien in Viëtnam of Toskane in Italië of sommer net hier in Suid-Afrika.

2. As jy jou droom-spyskaart kon voorsit, wat sal dit wees?

Soesji en beslis ’n sjokolade-mousse.

3. Watter plaaslike plekke besoek jy en jou geliefde graag?

Ek hou daarvan om nuwe plekke te besoek. Maar op die oomblik is my gunsteling-plekke The Hollow Tree by Old Oak, Sevruga in die Waterfront, Bossa Social Café in die Tyger-Waterfront en Van Hunks in Kaapstad. En natuurlik enige mooi plek in die natuur!

 

Afrikaanse sanger Elvis Blue 

Vir Elvis Blue is sy geliefde tuisdorp, George, sy hartsplek vir Valentynsdag.

FOTO Charl Pretorius

FOTO Charl Pretorius

1. As jy op enige plek ter wêreld Valentynsdag kon vier, waar sal dit wees en waarom?

Dit sal beslis op my tuisdorp, George, wees. Om eerlik te wees as ek enige dag van die week êrens kon deurbring, dan sal dit altyd George wees.

2. As jy jou droom-spyskaart kon voorsit, wat sal dit wees?

My vrou is baie lief vir soesji en ek vir wyn. So soesji en wyn is gewoonlik ’n wenresep vir ons.

3. Watter plaaslike plekke besoek jy en jou geliefde graag?

George is ’n redelike klein dorpie, maar daar is altyd interessante eetplekkies. Daar’s selfs ’n Franse bakkery genaamd La Patisserie met ’n egte Franse bakker.

 

Sorina (die Flooze) Erasmus, aktrise en sangeres

Op Valentynsdag wil sy nêrens anders wees as in haar man, Braam, se arms nie.

FOTO Denielle Janse van Rensburg / Photos by :: Denielle

FOTO Denielle Janse van Rensburg / Photos by Denielle

1. As jy op enige plek ter wêreld Valentynsdag kon vier, waar sal dit wees en waarom?

In my man se arms. Dis die lekkerste, mooiste én beste plek om te wees. En ek is só gelukkig en geseënd om die afgelope nege jaar al daar te kan Valentynsdag vier.

2. As jy jou droom-spyskaart kon voorsit, wat sal dit wees?

Oesters en Franse sjampanje … baie daarvan!

3. Watter plaaslike plekke besoek jy en jou geliefde graag?

Met twee woelige klein kindertjies is uiteet of uitgaan deesdae ’n onbegonne taak. Gelukkig is die lekkerste koffie wat ons elke oggend drink by die huis terwyl ons kroos by ons voete sit en speel. En vir eers sal Spur maar ons voorland moet wees as ons wel ’n uiteet beplan.

Lees nou

Rolanda Marais spog met pragtige Charlotte

En die gewildste kleur is …

Dís hoe jy moet stort om wakker te word!

The post Christia, Elvis Blue & Sorina gesels liefde appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294