Interessante nuusbrokkies van oor die wêreld heen vir geselsies by die werk, die haarsalon of op daardie eerste afspraak …
SA Michelin-sjef behou sy ster
Suid-Afrika se eerste Michelin-sjef se ster skitter steeds blink aan die Franse hemelruim. Jan Hendrik van der Westhuizen se restaurant JAN in Nice, Frankryk, het sy Michelin-ster behou!
Verlede jaar het die groot eer hom en sy span die eerste keer te beurt geval.
Hy het die goeie nuus op Facebook gedeel:
Lees meer hieroor asook ’n onderhoud wat SARIE vroeër met Jan Hendrik gevoer het HIER.
Trevor Noah binnekort in SA
Trevor Noah kom later vanjaar na Suid-Afrika met ’n nuwe comedy show. Hy het dit gister in ’n spesiale videoboodskap op Comedy Central se sosialemediawebwerf aangekondig.
Die vertonings vind op 10 en 11 Augustus by die TicketPro Dome in Johannesburg plaas.
ATT: So the Secret is out. @Trevornoah is coming home and for Reeeaal this time ugust = NYC>>>> JHB #TrevorNoahAtTheDome pic.twitter.com/PAmkx4Teyk
— #TrevorNoahAtTheDome (@ComedyCentralAF) February 14, 2017
Lees meer HIER.
Love Actually 2 … soort van
Goeie nuus vir Love Actually-aanhangers! Daar kom ’n tweede, korter weergawe, maar dié keer vir ’n goeie doel.
Die fliek gaan net 10 minute lank wees en word spesiaal gemaak vir die liefdadigheidsorganisasie Comic Relief se jaarlikse Red Nose Day-insameling.
Baie van die oorspronklike akteurs, soos Hugh Grant, Keira Knightley, Colin Firth, Liam Neeson en Bill Nighy, gaan in die korter weergawe speel. Die fliek gaan Red Nose Day Actually heet.
Dit word op 24 Maart op Red Nose Day op BBC One uitgesaai. Ons weet nog nie of dit ook op die Suid-Afrikaanse weergawe van die BBC-kanale op DStv te sien sal wees nie.
Nokia 3310
Deesdae hou ons fone net twee jaar, maar dié staatmaker uit 2000 is terug!
Ashley weer op die loopplank
Ná die bohaai oor die Vogue-voorblad (lees HIER as jy dit gemis het) is die plusgrootte-model Ashley Graham terug op die loopplank. Dié keer vir Michael Kors by die New Yorkse Modeweek.
Lees meer oor Ashley Graham HIER.
Lees nou
4 nuusstories vir vandag, 15 Februarie 2017
The post 5 nuusstories vir vandag, 16 Februarie 2017 appeared first on SARIE.