In 2003, as regsstudent aan die Universiteit Stellenbosch, het Hugo Ludik, aan die sêr-kompetisies deelgeneem. Daarna het hy 5 jaar lank met sy sanger- en akteurbroer Stefan Ludik gesing. Dis toe dat hy besef daar is ’n tekort aan Afrikaanse liedjies.
Hy skryf toe “Pasopwinterwaternat’’ saam met Willie van der Merwe waarmee hulle die Huisgenoot Tempo Liedjieskryfwedstryd wen en later het Kurt Darren die liedjie opgeneem.
Die wiele was aan die rol.
Hy skryf deesdae ook liedjies vir Willem Botha, Pieter Koen en Gerhard Steyn.
Die musiekgroep Adam vervul hom musikaal. Dit is boonop lekker om musiek te maak met sy beste vriende, Kyle Grant en Reynardt Hugo. “As ons naweke weggaan om vertonings te gee, is dit meer soos ’n klomp vriende wat kuier en werk. Ek sal dit vir niks op aarde verruil nie.’’
Oor Hoogtevrees, hul vierde album, sê hy: “Dit is ons heel beste werk en gaan oor kruispaaie in die lewe. Soms moet jy net glo en spring.” Die lirieke is gegrond op sy eie lewenservaring.
En die kersie op die koek, nadat hy weke lank, op sy eie en in sy stilligheid, gestoei het met liedjieskryf, geniet hy dit as die gehoor so baie van die musiek hou dat hulle dit saam met hom sing by shows. “Dít is ongelooflik.’’
Hy glo hul suksesresep is goeie lirieke en melodieë. En hulle werk so lekker saam, omdat hulle lojaal is en dinge op die regte, eerlike manier bereik het, sedert Adam ses jaar gelede gestig is.
“Ons het die afgelope ses jaar dieselfde bestuur, platemaatskappy, fotograwe, mediamense, vervaardiger en skakelpersoon.’’
Luister hier na hul liedjie “Vergifnis” wat ook op Adam se nuutste album verskyn:
Lees nou
NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo
Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!
Hennie en Jacobu: Langafstand-liefde
The post Hugo Ludik: Adam-man en liedjieskrywer appeared first on SARIE.