Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Egoli se Schalk en Billy van Dirty Dancing oor Hoogtevrees

$
0
0

Egoli se Schalk en Billy Kostecki van Dirty Dancing – in die regte lewe Kyle Grant van ADAM – hou daarvan om te sing in dié musiekgroep, want hy leer hoe om homself te wees.

Vroeër het hy gereeld rolle vertolk in musieblyspele soos Chess, Sunset Boulevard en Hairspray. “Dit is nogal uitdagend om so eerlik te wees. Jy moet altyd jou hart op jou mou dra,’’ vertel hy.

“Die dissipline van die teater is nie vir sissies nie. Jy werk jou amper dood. Ek het baie respek vir mense wat dít hul lewe maak. Die lekkerste ding is die rush wat jy kry om te sien hoe alles bymekaarkom. Dit is asof jy die geboorte van die produksie sien.’’

Vir eers is ADAM sy lewe. “Ons is trots op die album Hoogtevrees, ons maak musiek waarvan ons hou, al hou almal nie daarvan nie. Ons doelwit is om altyd gehaltewerk te lewer.’’

Kyle, Hugo en Reynardt

Die manne van Adam: Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo

Kyle is baie lief vir Afrikaans. “Ek het my eerste kunswedstryd op tien met die liedjie ‘Die kat kom weer’ gewen. Hoewel ek eintlik Engels groot geword het, is my ma se familie Afrikaans. My pa het wel saam met ons Afrikaanse musiek gesing.’’

Hy oorweeg steeds ’n solo-loopbaan. “My wortels is in Suid-Afrika, maar ek sou graag wil hê my stem moet oorsee gehoor word. Ek het so baie wat ek as sanger, akteur en skrywer aan die wye wêreld kan bied, wat ek wil deel. Dit was ’n groot voorreg om met produksies soos Dirty Dancing na Hong Kong en Singapoer vir ’n jaar lank te toer.’’

Groot invloede in sy lewe? Nataniël en Sean Butler. “Hulle het my baie van die bedryf geleer.’’

En mis hy nie ’n sepieloopbaan nie? “Dit was destyds goeie ondervinding. Sepies sal nog baie lank deel van die Afrikaanse kultuur wees. Dit was altyd vir my ongelooflik hoe die publiek gedink het hulle ken jou omdat hulle jou elke dag op die kassie sien. Ek moet sê, dit was ’n baie goeie manier vir ’n akteur om ’n gereelde salaris te kry …”

Luister hier na hul liedjie Vergifnis wat ook op ADAM se nuutste album verskyn:

Lees nou

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!

Hennie en Jacobu: Langafstand-liefde

The post Egoli se Schalk en Billy van Dirty Dancing oor Hoogtevrees appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294