Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ons is opgewonde oor … Gideon Lombard

$
0
0

Ons is nié net opgewonde oor 2017 omdat 2016 verby is nie. Dis wat die mense van ons land – van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – alles vanjaar doen wat ons die meeste opgewonde maak. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Jy ken hulle dalk alreeds, maar indien nie, is dit ons voorreg om jou aan hierdie opkomende sterre bekend te stel. Vandag is ons opgewonde oor die Gideon Lombard.

Wie is Gideon Lombard?

’n Akteur, skrywer en musikant oorspronklik van Namibië.

Jy ken hom van … 

Die kykNET-sepie Suidooster. Hy speel die rol van Stefan Gerber.

Gideon Lombard

Hy was verlede jaar ’n maand lank in Argentinië as die assistent-regisseur van ’n grootskaalse produksie van George Gershwin se opera Porgy and Bess. Die produksie is by die Teatro Colón in Buenos Aires opgevoer onder begeleiding van ’n simfonie-orkes met 100 lede! Gideon self was ook in die opera. Hy het voor sy vertrek met ons gesels, lees HIER.

In 2017 …

“2017 is ’n besige jaar!” vertel hy aan SARIE.com. “Benewens Suidooster elke dag, behartig ek die regie van Nagwandelaars by die US Woordfees. Dis ’n plek-spesifieke teater-ervaring met C.J. Langenhoven se ou spookstories. By die fees speel ek ook in Allegorie musiek saam met Grethe van der Merwe. 

“Kort daarna is ek en Grethe ook by die KKNK, maar my groot nuwe projek is Die reuk van appels, ’n verhoogverwerking van die bekende boek deur Mark Behr. Dis my heel eerste eenmanstuk! Dit is baie opwindend, maar ook ’n groot uitdaging en verantwoordelikheid. Die stuk het ook al ’n bevestigde lewe vorentoe by van die ander kunstefeeste en ’n speelvlak in Pretoria in September. 

“Later die jaar is ek weer op pad oorsee vir operawerk. Dié keer na Parys en daarna na die suide van Duitsland. 

“Benewens al dié bestuur ek saam met ’n klein groep wonderlike mense ’n filmmaatskappy, Other Films, wat kortfilms en advertensies maak.” 

Grootste uitdaging van 2017

“Ek dink die grootste uitdaging vir my in hierdie stadium is Die reuk van appels. Ek het nog nie so iets aangepak nie. Daar is baie woorde om te leer en van sin te maak en moeilike inhoud, maar ek probeer kalm bly en dit stukkie vir stukkie doen. 

“’n Ander uitdaging is om genoeg tyd vir myself en die mense in my persoonlike lewe uit te kerf. Ek kan obsessief raak oor werk en myself daarin verloor, maar dit is immers net een deel van die lewe. Dit is nie jou hele lewe nie.” 

Neighbourhood Goods with beautiful @lynelle_88 Liefde.

A post shared by Gideon Lombard (@gideonlombard) on

In die foto hierbo is hy saam met die sangeres Lynelle Kenned, wat ook een van ons gesigte is om in 2017 dop te hou. Lees meer oor haar HIER.

Waaraan skryf jy jou sukses toe?

“Ek huiwer altyd om dié vraag te antwoord, want ek is nooit heeltemal seker of iets ’n sukses is of nie. Hoe bepaal ’n mens dit? Ek probeer elke keer my beste en om juis nie te bang te wees om foute te maak nie. Dis wanneer interessante kreatiewe dinge gebeur en ’n mens die meeste leer. 

“Ek sal wel sê dat ek die kombinasie van die verskeidenheid van dissiplines waarin ek werk, vreeslik geniet. Die een hou die ander vars, en dus voel die lang ure nie soos werk nie. Ek is ook vreeslik nuuskierig as mens. Ek wil weet hoe dinge werk. 

“’n Korter, minder filosofiese antwoord op die vraag is waarskynlik: Koffie.” 

Een ding wat mense nie van jou weet nie …

“Ek drink nou al langer as tien jaar swart koffie. Geen suiker, geen melk en so warm as moontlik. Ek het ’n klein rooi plunger wat al oral om die wêreld saam met my was.” 

Ons sien ook uit na hierdie Suid-Afrikaners se 2017:

De Klerk Oelofse

Regardt Scheepers

Lynelle Kenned

Refentse Morake

The post Ons is opgewonde oor … Gideon Lombard appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek