1st for Women vier vroue-entrepreneurs – en ons kan sien waarom!
Die internasionale bankgroep BNP Paribas het verlede jaar in hul jaarlikse Entrepreneursverslag bevind dat vroue-entrepreneurs suksesvol is.
En die finansiële joernalis David Prosser dink die rede vir vroue se sukses is dat hulle oor die regte eienskappe beskik, onder meer:
1) Vroue is goed daarmee om berekende risiko’s te neem. In ’n peiling wat deur die Centre of Entrepreneurship (in hoofsaaklik die Verenigde Koninkryk) onderneem is, het 80% van die vroue-entrepreneurs wat ondervra is gesê hulle sien eerder geleenthede raak waar ander risiko’s sien.
2) Vroue is suksesvol ten spyte van die grense waarvoor hulle dikwels in die werkplek te staan kom. In sekere gemeenskappe het vroue steeds beperkte toegang tot geleenthede, maar in die studie is bevind dat vroue ondanks hierdie hindernisse dit steeds regkry om groot geld huis toe te bring.
3) Vroue is ambisieus: Ongeveer 66% van vroue in korporatiewe beroepe wil hul eie onderneming begin. En 47% van vroue wat reeds hul eie besigheid het, wil nóg een begin.
Lees ons inspirerende storie oor hoe die entrepreneur-susters Simoné en Berné Theron hul passie in ’n suksesvolle besigheid omskep het HIER.

FOTO Hannes Roodt
Nou is dit jóú beurt
1st for Women plaas jou eerste deur vir drie maande elke maand R15 000 weg te gee om jou sake-droom te verwesenlik – nou is die tyd om daardie droom in ’n realiteit te omskep! #weputyoufirst
Skryf nou in
* Bepalings en voorwaardes geld – lees dit HIER. FDV 15261
Belangrik:
Deur aan die wedstryd deel te neem, stem deelnemers in om bemarkings- en/of promosiemateriaal van 1st for Women en/of enige van hul geassosieerde of geaffilieerde maatskappye te ontvang. Geen deelnemer aan of wenner van die wedstryd sal op enige manier verplig word om ’n versekeringskontrak met 1st for Women en/of ’n kontrak met enige van hul geassosieerde of geaffilieerde maatskappye aan te gaan nie.
The post 3 redes waarom vroue-entrepreneurs suksesvol is PLUS wen R15 000 vir jóú sake-droom appeared first on SARIE.