Die skepper van die gewilde American Crime Story, Ryan Murphy, het vroeër vanjaar aangekondig ’n splinternuwe reeks kom – dié keer oor die moord op die modeontwerper Gianni Versace. Versace is in 1997 voor sy huis in Miami Beach doodgeskiet deur die reeksmoordenaar Andrew Cunanan.
Aan die begin het dit geklink asof die Grammy-wenner Lady Gaga die rol van Versace se suster Donatella sou vertolk in Versace: American Crime Story. Sy het voorheen in Ryan se American Horror Story: Hotel gespeel. En met haar blonde lokke lyk sy nogal soos ’n jong Donatella.
Kyk net die ooreenkoms:
Maar die Spaanse Oscar-wenner Penelope Cruz gaan die rol van Donatella vertolk, berig The Guardian.
Gianni self sal deur die akteur Édgar Ramírez vertolk word.
En die ontwerper se moordenaar word deur die Glee-ster Darren Criss gespeel.
Lees nou
John en Chrissy se Marokkaanse vakansie
Ashley Graham: 3 rokke perfek vir kurwes
The post Lady Gaga kry toe nie die rol nie appeared first on SARIE.