Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Hoogswanger Natalie Portman in musiekvideo

$
0
0

In Februarie, ’n week voor vanjaar se Oscars, het Natalie Portman haar tweede kind, ’n dogtertjie, gehad. Sy is Amalia gedoop. Nou, ’n maand ná die baba se koms, is ’n musiekvideo vrygestel waarin die hoogswanger Natalie speel.

In die Britse sanger James Blake se musiekvideo vir “My Willing Heart” swem die aktrise en lê later op die bed met haar maag duidelik sigbaar. In ’n stadium kan selfs gesien word hoe die baba skop.

Kyk die musiekvideo hier:

Natalie en haar choreograaf-man, Benjamin Millepied, is in 2012 getroud. Die paartjie het ook ’n vyfjarige seuntjie, Aleph.

Het jy geweet?

Die Franse aktrise Marion Cotillard het vanjaar ook haar tweede kind – ’n dogtertjie – gehad. En haar eersteling, ’n seuntjie, is ook in 2011.

 FOTO Instagram / @marioncotillard

FOTO Instagram / @marioncotillard

Lees nou

George Clooney verras 87-jarige aanhanger

Lipring vir Kim Kardashian?

Lady Gaga kry toe nie die rol nie

The post Hoogswanger Natalie Portman in musiekvideo appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294