Ons is nie gewoond om Sia sonder haar pruik te sien nie.
Die 41-jarige Australiese sangeres is bekend vir haar pruik wat tot onder haar oë hang wanneer sy optree, maar is onlangs op Los Angeles se lughawe sonder haar “masker” gekiek.
Só lyk Sia
So this is how #SIA looks like without covering the face via @YahooStyleCA Beautiful! pic.twitter.com/TCgTArpYWq
— Morgan Magazine ™ (@supermorgy) March 24, 2017
Sia (haar volle naam is Sia Kate Isobelle Furler) het in die verlede verduidelik waarom sy nie haar gesig tydens vertonings wys nie:
“Ek wil nie beroemd of herkenbaar wees nie. Ek wil nie op die internet gekritiseer word oor hoe ek lyk nie.”
Baie mense het op Twitter gereageer dat Sia baie soos die aktrise Renée Zellweger (foto onder) lyk. Wat dink jy?
Lees meer op Refinery29 en E! News.
Luister hier na van Sia se gewildste treffers
Lees nou
5 stories waaroor die wêreld praat
Tatoe nie meer taboe, vra vir Justin Bieber
SA vrou skitter in internasionale veldtog
The post Só lyk sangeres Sia sonder haar ‘masker’ appeared first on SARIE.