Die 21-jarige skoonheid van Sedgefield het gisteraand ’n nuwe hoofstuk in haar lewe begin as Mej. Suid-Afrika. Ja, Demi-Leigh Nel-Peters volg in die voetspore van ikone soos Penelope Coelen, Anneline Kriel, Amy Kleinhans en Rolene Strauss. Maar met oë wat so skitter lyk dit of Demi-Leigh die reis met trots gaan aanpak.
“Ek het as klein dogtertjie Mej.Suid-Afrika gekyk en met my hele hart gewens ek kan ook eendag op daardie verhoog loop. Vanaand (Sondag) het my droom waar geword,” het Demi-Leigh in ’n mediaverklaring gesê.
Hier’s 5 goed oor Demi-Leigh:
1. Sy het ’n BCom-graad in sakebestuur en entrepreneurskap en doen deeltyds modelwerk vir Boss Models en Vision Management.
2. Sy kom van die Suid-Kaapse kusdorp Sedgefield.
3. Die voormalige Mej. Suid-Afrika wat haar die meeste inspireer is Cindy Nell.
4. Demi-Leigh is ’n aanhanger van die sangeresse Enya, Adele en Taylor Swift.
5. Haar gunstelingkos is varkribbetjies met gebakte groente of beesstert met stampmielies.
’n Paar foto’s op haar Instagram-blad:
Patiently waiting for our first round of interviews to start. #misssa2017 @official_misssa A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demi_leigh_np) on
A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demi_leigh_np) on
Lees nou
Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach is getroud
Spaar water, dra jou klere meer!
Oscar-wenner Kate Winslet praat oor boelies
The post 5 goed oor die nuwe Mej. SA appeared first on SARIE.