Hoe kaal en vaal sou die lewe wees sonder ons gunsteling-kaalkop Nataniël? Hy vier vanjaar 30 jaar as solo-kunstenaar in die bedryf. En hoe anders om dit te vier as ’n spesiale vertoning van 90 minute.
Ja, die vertoning Nataniël, 30 years, 90 minutes gaan sorg vir vermaak uit die boonste rakke.
Vir sy vertoning in Kaapstad klik hier.
Vir sy vertoning in Port Elizabeth klik hier.
Vir sy vertoning in Johannesburg klik hier.
Spesiale band met SARIE
Die eerste Kaalkoprubriek in SARIE is in Junie 2001 gepubliseer: “My peetkind George was nog klein en ek wou skryf oor die aarde wat hy gaan erf,” vertel Nataniël. Hulle was in soortgelyke Chinese pakke, met die seuntjie op sy knie.
“Vandag is George op universiteit, en as ons weer daai foto moet neem, is die plekke omgeruil. Hy is nou baie langer as ek!”
Hy is mal oor die skrywery. “Om ’n rubriek te skryf is persoonlik, jy skryf uit jou ervaringe en dis heerlik terapeuties. Om iets op papier te sit is een van die gesondste dinge wat ek beoefen. Ek kan net skryf oor dít wat ek ken en ervaar.”
Dit het sy openbare beeld baie verander. “Baie mense het nie geweet ek is ’n doodgewone mens met familiewaardes nie. Ek weet wie hulle is en hoe hul huise lyk.”
Die SARIE-verbintenis het “my baie meer aanvaarbaar gemaak”. Sy kop is “baie wilder op die verhoog” as in sy rubrieke. “Sommige mense verstaan dit.” Maar ander het dit so deur die jare ontdek. Dan is daar ook baie wat nog nooit een van sy vertonings gesien het nie, wat hom so deur die rubrieke kon leer ken.
“Nou weet hulle: It’s not all bad! SARIE het vir my groot aanvaarding gebring en daar’s ’n wedersydse versagting tussen my en die mense.”
Die volledige storie oor Nataniël en sy 30 jaar-sukses verskyn in SARIE se April-uitgawe. Nou te koop.
Lees nou
’n Goeie week vir lokettreffer Beauty and the Beast
Spaar water, dra jou klere meer!
The post Hiep hiep hoera! Nataniël vier 30 jaar appeared first on SARIE.