Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Simoné skitter in fotosessie

$
0
0

Hanri Human is vandag een van Suid-Afrika se gesogste fotograwe. Sy is ook ’n klomp bekendes se eerste keuse as fotograaf, of dit nou vir hul trou-, profiel- of gesinsfoto’s is.

Sy het onlangs die aktrise Simoné Nortmann, bekend vir haar rolle in die sepie 7de Laan, die kykNET-komediereeks Hotel en die trefferfliek Vir die voëls, vir ’n fotosessie genader. Simoné werk tans aan twee rolprente en later vanjaar ook aan Hotel se tweede seisoen.

“As ek aan Simoné dink, kom ’n aanhaling van Coco Chanel by my op: ‘Elegance is when the inside is as beautiful as the outside.’ Sy is so ’n pragtige mens. Haar mooi hart is deel van haar handelsmerk,” vertel Hanri.

“Haar geluk is aansteeklik. Jy kan nie help om in ’n goeie bui te wees wanneer jy in haar teenwoordigheid is nie. Haar kop is in die wolke, maar haar voete is op aarde. Ek sien uit om te sien wat sy vir SA gaan beteken.”

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Simoné sê sy was opgewonde om saam met Hanri te werk. Wat dit so lekker maak, is dat sy reeds ’n prentjie in haar kop het voordat sy ’n foto neem. Sy weet wat sy wil hê en ek vertrou haar. Sy is soos ’n goeie regisseur wat jou deur die fotosessie lei.”

Die foto’s is einde Februarie op Clifton-strand in die Kaap geneem. Simoné was besig om vir die kabaret Die party te repeteer wat sy in Maart by die US Woordfees op Stellenbosch opgevoer het. Hanri, ’n Pretorianer, was toevallig daardie tyd ook in die Kaap.

En wat kan nou mooier wees as die see, strand en rotse van Clifton as agtergrond vir die foto’s? Sit daarby ’n goudgeel rok – ’n kleur wat Simoné aan sonneblomme, somer en kindwees laat dink – van mode-ontwerper Ciska Barnard en die foto’s is onvergeetlik.

Kyk net die pragtige foto’s:

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

 Lees nou

FOTO’S: Bryan Habana, Janine en Timothy

Nadia, Donnalee … jy kan ook só lyk!

Christia Visser: My top-skoonheidswenke

The post Simoné skitter in fotosessie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294