Die popsangeres Taylor Swift moes verlede jaar in ’n huurwoonstel in New York bly terwyl haar eie dupleks in die Tribeca-buurt opgekikker word. Nou is dié woonstel te koop − en die foto’s wys dis iets uit ’n droom.
Die woonstel in West Village is te koop vir ’n ongelooflike $24.5 miljoen (sowat R330 miljoen), berig Refinery29.
Nie dat ons gewone mense dit as ’n woonstel sal beskryf nie. Teen 1 600 vierkante meter spog dit met vyf slaapkamers oor vier verdiepings, ’n hysbak en selfs ’n binneshuise swembad. Die hoofslaapkamer het net die luuksste dekor, en jy sal vir seker al jou sorge in die bad kan verdrink.
Die woonstelblok het ook sy eie storie. Dit is in 1912 gebou om perdekarre in te huisves en bied ’n rare blik op die stad se argitektuur en geskiedenis.
Ons kan net sien hoe Taylor en haar katte die tyd hier geniet het.

FOTO Corcoran Group

FOTO Corcoran Group

FOTO Corcoran Group

FOTO Corcoran Group
Vir nóg foto’s van hierdie praghuis, klik hier.
The post Taylor Swift se huurplek is te koop – kyk net binne! appeared first on SARIE.