Die naweek by Coachella in Kalifornië het Hans Zimmer die eerste keer ooit van sy klankbaanmusiek by ’n musiekfees opgevoer. Maar dit was ook ’n eerste vir die skare …
As dit by klankbane vir flieks kom, is Hans Zimmer seker die wêreld se bekendste komponis. Hy het immers musiek vir reuse-lokettreffers soos Pirates of the Carribbean, Inception, Interstellar en Dark Knight geskryf.
’n Mens herken sy musiek nog voor jy sy naam op die skerm sien, maar min mense weet hoe Hans lyk. Hierdie naweek het dit verander toe hy by die wêreldbekende fees opgetree het, berig The Verge.
Hans het die skare bederf met musiek uit die wetenskapsfiksieriller Inception. Hy het natuurlik ’n hele orkes saam met hom op die verhoog gehad.
In dié video sien jy vir Hans op die kitaar. Kyk ook ’n bietjie na die gehoor. Duidelik kry die vrolike feesgangers dit reg om op ’n klankbaan te dans!
Hier oefen Hans vir ’n ander opvoering op sy huidige toer, wat Europa sowel as Amerika insluit.
The post Hans Zimmer wys by Coachella: Só dans mens op fliekmusiek appeared first on SARIE.