Gister was dit die Londen-marathon en Kenya het beide die titel vir mans en vroue verower. Daar is egter een oomblik wat die wêreld steeds laat gons. Matthew Rees, ’n deelnemer aan dié marathon, het ongelooflike sportmanskap gewys toe hy ’n ander atleet gehelp het.
Etlike meters voor die eindstreep het David Wyeth se bene begin ingee, hy het gestruikel en weer opgestaan. Matthew het gesien hoe David struikel en besluit om sy eie wedloop op te gee om vir David te help.
Die twee het saam oor die eindstreep beweeg.
Is dit nie ’n storie nie?
Bron: The Telegraph
The post Held in tekkies appeared first on SARIE.