Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Amber Heard is van die mark af en dís haar kêrel

$
0
0

Ons vermoed dit al vir ’n rukkie, maar dit is nou amptelik. Amber Heard het ’n nuwe kêrel en hy is heeltemal anders as Johnny Depp.

Amber Heard is in Januarie amptelik van Johnny Depp geskei en haar nuwe kêrel is toevallig ook onlangs deur ’n egskeiding. Die gelukkige man is Elon Musk, die Suid-Afrikaanse miljarder wat Tesla, begin het.

Volgens ’n storie op People is dié twee onlangs arm-aan-arm in die Currumbin Wildlife Sanctuary in Australië gesien. Amber is besig om haar nuutste fliek, Aquaman, in dié land te verfilm.

Amber (31) en Elon (45) is blykbaar al ’n rukkie lank saam, maar dit is die eerste keer wat hulle hande in die openbaar vashou.

As dit nie genoeg van ’n aankondiging was nie, het Amber die nuus bietjie verder laat insink toe sy die naweek ’n foto van hulle twee by ’n restaurant gedeel het. Elon se wang spog ’n rooilip-soen en Amber se onderskrif sê eenvoudig, “Cheeky.”

Cheeky

A post shared by Amber Heard (@amberheard) on

Elon is in 2015 van sy vorige vrou, Talulah Riley, geskei. Hy het vyf seuns.

The post Amber Heard is van die mark af en dís haar kêrel appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294