Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Joe Foster: “Ouens voel druk om ridder te wees”

$
0
0

Die Afrikaanse sanger Joe Foster het gou geleer hy is nie ’n ridder op ’n wit perd nie.

“Ek is maar net ’n man. Ons probeer om superhuman te wees, maar op die ou einde is ons maar net mense.”

Met “Ridder” – ’n liedjie wat hy self geskryf het op sy nuwe album, Hartsklank – probeer Joe iets daarvan weergee. Hy voel daar is deesdae baie druk op mans om ’n ridder te wees.

“Mans wil altyd die hero wees in ’n situasie. Dit plaas eintlik druk op enige mens, want niemand is perfek nie. Ons almal maak foute en ons almal maak foute in verhoudings.”

Volgens Joe is dit belangrik om net iemand lief te hê en vir hulle om te gee.

“Jy hoef nie ’n ridder of hero te wees om dit te doen nie.”

Joe verhuis tans van Knysna, waar hy die afgelope twee jaar woon, na Pretoria. En as hy nie bokse pak nie, is hy in die ateljee besig met ’n projek wat hy in Engels aanpak.

Kyk die musiekvideo van “Ridder”:

The post Joe Foster: “Ouens voel druk om ridder te wees” appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Groblerspruit: Episode 1


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Die beste tyd van my lewe


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


T Minus …. 6


Die kuns van koeksisters bak


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee