Sien jy dubbel? Dié Hollywood-sterre se dubbelgangers laat ons twee keer kyk!
Jennifer Lopez
Jennifer Lopez is ’n gunsteling onder SARIE.com-lesers. Op 47 is sy nie net asemrowend mooi nie, sy bly ook ’n gewilde aktrise en sanger.
Vir baie vroue sou dit die grootste kompliment ooit wees om te hoor hulle lyk net so ’n klein bietjie na J-Lo of “Jenny from the Block” (soos sy ook genoem word, na aanleiding van een van haar liedjies).
Wel, daar ís een vrou wat merkwaardig baie na haar lyk: Janice Garay van Houston, Texas. Die 28-jarige spierbouer verwys na haarself as “Jay from Houston” op haar Instagram-blad en hoop om eendag Miss Figure Olympia te word. Haar meer as 147 000 volgelinge het begin oplet hoe baie sy na J-Lo lyk, maar nou het die res van die wêreld ook kennis geneem.
Snaaks dat hierdie dubbelganger en groot aanhanger van J-Lo nooit self agtergekom het hoe baie sy soos die ster lyk nie.
Hoe lyk dit vir julle, kan sy maar die titel “J-Lo se Ewebeeld” kry?
Matt Damon
As jy die foto sien, sal jy dié man dalk misgis vir die akteur Matt Damon! Die Reddit-gebruiker Coffeeandtrout het onlangs ’n foto van sy ouers se troudag in 1961 op sosiale media gedeel. En sy pa lyk nes die The Martian-akteur!
Ons is seker Matt sal saamstem. Kyk self!
The Matt Damon lookalike from 1961 is breaking the internet. https://t.co/xsvET02CJW pic.twitter.com/As9enW43jm
— Daniel Bennett Group (@dbennettgroup) September 30, 2016
Leonardo DiCaprio
Die Titanic-ster Leonardo DiCaprio het nie net een nie, maar twee dubbelgangers!
Roman Boertsef (33) van Rusland is al in die kuberruim die “vet” Leonardo DiCaprio gedoop.
En Konrad Annerud, ’n 21-jarige musikant van Swede, is Leo se “jong” dubbelganger. Hy lyk ongelooflik baie soos Leo in die 1990’s!
The post KYK: Hollywood-sterre se dubbelgangers appeared first on SARIE.