Geen ouer wil die volgende woorde uit hul kind se mond hoor nie: “Mamma, ek is lelik.” Maar dis ongelukkig wat die Grammy-wenner P!nk se 6-jarige dogtertjie, Willow Sage, vir haar gesê het.
“Mamma, ek is lelik. Ek lyk soos ’n seuntjie met lang hare,” het Willow onlangs vir P!nk gesê toe hulle skool toe gery het.
P!nk het gister hierdie hartseer woorde met die gehoor by die MTV se Video Music Awards gedeel. Sy het die Michael Jackson Video Vanguard-toekenning ontvang.
Sy vertel toe dat sy ’n Powerpoint-aanbieding saamgestel het van kunstenaars wat hulself aanvaar, ten spyte van wat die wêreld van hul dink. En die aand het sy dit Willow gewys. P!nk het vir haar dogtertjie gesê dat sy haarself moet aanvaar en haarself moet liefhê. Haar dogtertjie was gister in die gehoor en het ’n pak gedra.
Sy het haar toespraak geëindig met die volgende woorde:
“Jy, my pragtige dogter, is beeldskoon en ek is lief vir jou.”
Kyk haar roerende toespraak hier:
The post P!nk vir dogtertjie: “My kind jy is beeldskoon!” appeared first on SARIE.