Die Kanadese sanger Michael Bublé se oudste seun, Noah, het onlangs vier geword. En soos net Hollywood-ouers kán het Michael en sy vrou, Luisana Lopilato, vir hom ’n baie spesiale partytjie gehou. Die tema? Spider-Man!
Die kleuter is verlede November met lewerkanker gediagnoseer, maar ná maande se behandeling lyk sy pad vorentoe goed. ’n Lang stilte het gevolg nadat sy diagnose bekend gemaak is, met Michael en Luisana wat al hul aandag aan sy behandeling en herstel gewy het, berig Entertainment Online. Maar vroeër vanjaar het Luisana vertel dit gaan goed met hom.
Ons kan net dink hoe spesiaal die partytjie moes gewees het.
Die Hollywood-ster Tori Spelling se dogter Stella het ook onlangs verjaar. Die tema van die partytjie was unicorns, kompleet met ’n “regte” eenhoringperd!
Jessica Simpson het weer ’n Moana-partytjie vir haar seuntjie Ace gehou. Dit lyk omtrent of hy die dag geniet het. En kyk net die sakke vol geskenke!
Die realiteitster Kim Kardashian het vir klein North West ’n prinses-partytjie by Disneyland gehou. Elke dogtertjie se droom!
Jy hoef nie in Hollywood te woon om ’n fantastiese partytjie vir jou kind te hou nie. In SARIE Partytjie kry jy resepte vir verskeie temas, planne vir meisies en seuns, en vele, vele meer!
The post Partytjietyd! Bekendes wys hoe appeared first on SARIE.