Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Johnny Clegg praat oor kanker en laaste wêreldtoer

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en gumboot-danser Johnny Clegg het verlede week tydens ’n intieme mediageleentheid oopgemaak oor sy stryd teen kanker. Die 64-jarige musiek-ikoon het aan die begin van die jaar aangekondig dat hy vanjaar sy laaste wêreldtoer aanpak nadat hy in 2015 met pankreaskanker gediagnoseer is.

“Die optredes is moeilik vir my,” sê Johnny oor sy toer, The Final Journey, wat in Junie in Kaapstad afgeskop het.

Juluka – Sipho Mchunu & @johnnyclegg on stage together! #TheFinalJourney pic: @missjinamin

A post shared by RealConcerts (@realconcerts) on

Hy vertel dat hy sedert sy diagnose reeds drie chemoterapiebehandelings gehad het, asook ’n operasie waar onder meer sy galblaas en die helfte van sy maag en pankreas verwyder is. Ná sy laaste chemo-sessie in Februarie vanjaar het die toetse gewys dat die kanker in remissie is. Dis toe dat hy besluit het om dié laaste konserttoer te doen.

“Ek het weer begin goed voel. Ek het besef: Ek weet nie wat gaan gebeur nie … ek weet nie hoe lank ek het nie.” Met sy Final Journey-toer sluit Johnny ’n indrukwekkende loopbaan van byna 40 jaar af. Hy is bekend vir sy unieke musiekstyl wat tradisionele Afrika- en Zoeloe-klanke, -lirieke en -danse inkorporeer. Hy het ook ’n reuse- internasionale aanhang en staan in Frankryk bekend as “Le Zoulou Blanc” (Die Wit Zoeloe).

Hoewel dié laaste toer sy uitdagings het, is Johnny opgewonde oor die rits plaaslike en internasionale vertonings wat kom. “Ek voel fiks en sterk en ek dans en ek sing. Ek gee dit my alles terwyl ek in dié toestand [remissie] is.” Sy aanhangers motiveer hom. “Ek het Clegg-heads, Savuka-heads, Juluka-heads wat almal saam met my ouer geword het. Hulle waardeer wat ek doen en hulle is werklik hartseer en wil hierdie finale konneksie maak en vier, en ek voel baie gemotiveerd om dit saam met hulle te doen.”

Hoewel Johnny reeds in Johannesburg was, is die vraag na kaartjies so groot dat hy besluit het om nóg ’n laaste konsert in die Goudstad te hou. Dit sal op 11 November by die Ticketpro Dome wees. Kaartjies is vanaf vandag beskikbaar by Computicket.

FOTO: Verskaf deur Real Concerts

The post Johnny Clegg praat oor kanker en laaste wêreldtoer appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek