Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

’n Dogtertjie vir Karlien van Jaarsveld!

$
0
0

Die pragtige Karlien van Jaarsveld gaan binnekort haar nuwe pienkvoet ontmoet. Sy het onlangs op Instagram verklap dat sy reeds op ses weke haar babatjie se naam “gehoor het”. En die geslag? ’n Dogtertjie en haar naam is Elah!

Karlien het sopas die goeie nuus oor haar dogtertjie op Instagram gedeel:

Ons het dit lank geheim gehou, maar wil dit vandag deel dat ek en Joe toevertrou word om ‘n dogtertjie groot te kan maak. Ons stap nog elke dag in afwagting en vertroue in God tot haar geboorte, en ook so daarna. Ons kan nie ons dankbaarheid beskryf dat Eliah en Daniël nog ‘n sussie (na Evah 15/01/15) bykry nie! Hulle is so opgewonde🕊en het alreeds vir baie mense van haar vertel🙈🌳 Ons het ‘n hele paar maande al met haar naam geloop en God in Sy getrouheid het dit oor en oor kom bevestig dat sy ELAH genoem sal wees. (Uitspraak Êlla) Dit was die PLEK waar Saul en die Isrealiete weggekruip het, onder die Terebinte Bome in Elah, en dan waar Dawid uiteindelik vir Goliat verslaan het. Dis ‘n skuilplek. Mag jou reus verslaan word en mag jy ONTHOU wie jy was voor die grondlegging van die wêreld, en met Christus beklee word in geregtigheid. Ek het hierdie gedig vir haar geskryf🌳 Waarheen sal die wind en wolke gaan Sonder die stem van God Wie sal op die uithoek v die aarde staan En roep keer terug vanwaar ek jou geplant het jy soek soek en vind niks Ek roep roep in jou binneste in Hoor My vandag as ek jou naam noem Elah, my terebint, geregtigheid sal die son laat skyn en die takke bloei Staan jy op na waar Ek roep jou tuiste in die eden plek, jy hoor, jy stap, jy vind jou weg. Let op hierdie een van My sy het haar skuilplek, vanuit die ooste verkry geroep deur die Ware Geluid, Genoem terebinte van geregtigheid. Liefde Mamma Jes 61:3 Thank you @melissa__madsen for the most beautiful babyshower🌸🌟

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sondag het Karlien saam met haar ma, skoonsus, Annatjie, kleinsus, Cara, en hartsvriendinne, wat Donnalee Roberts en Riana Nel insluit, ’n babatee gehou. Die babatee is by Kievits Kroon Country Estate buite Pretoria gehou.

Sy het pragtig in haar somersrokkie gelyk!

Karlien het spesiaal haar ma op Facebook bedank. “Dankie Ma. Dit was die mooiste en mees spesiale babatee ooit. Ek sal dit nooit vergeet nie! So lief vir Ma. Dankie vir alles …”

Kyk net hoe straal Karlien:

Vandag was ‘n spesiale dag saam my eersgeborene. @karlienvanjaarsveld 🍼

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Karlien het vroeër vanjaar aan SARIE.com gesê sedert die tweeling in haar lewe is, het alles verander. Maak nie saak hoe die wêreld haar sien en opsom nie, sy bly heel eerste ’n ma vir Eliah en Daniël.

“Ma-wees verander alles. Alles lyk meer gevaarlik. Jy kyk uit vir almal op die paaie. Jy voel vir elke liewe kind wat swaarkry of seer het, want jy dink heeltyd aan jou eie. Jy dink permanent oor jou woorde en ook ander s’n.”

Daar is een belangrike les wat Karlien van Jaarsveld vir haar driejarige tweeling, Daniël en Eliah, wil leer. En dit is dat hulle uniek is. Om die waarheid te sê wil dié Afrikaanse sangeres hê elke kind moet dit weet.

“Maak nie saak wat jy deur jou lewe hoor wat negatief is nie. Jy is so nodig vir hierdie wêreld want jy bied iets wat niemand anders kan nie. En die hartseer ding is dat bitter min kinders dit glo. Ek wil hê elke kind moet dit weet en glo!” het Karlien aan SARIE.com vertel.

Terebinte van Geregtigheid🌳 Jes 61:3 Ek sal later van tyd die geslag van ons babatjie deel… en ook die naam (wat ek reeds op 6 weke swanger by God gehoor het) God deel soveel geheimenisse met die mens en soms is ek skrikkerig om te deel wat ek hoor en weet, en dan laat ek dit eers net tussen my en God bly omdat Hy my vertroue en skuilplek is. Ek is veiligste by Hom. Mense praat te maklik, en dit maak dit moeilik om dan net goed te deel.. ek moet regtig so met diskresie kies wat om te deel en wat nie.. so jammer vir die wat opreg is wat dan voel ek weerhou julle om saam my in my lag te kan deel, want dis so lekker om in mekaar se geluk en leed te kan deel! Ek wil saam jou kan lag en ek wil saam jou kan huil. Die wêreld se oordeel maak dit net moeiliker om te deel.. Dankie vir die bly wees saam my🕊 Ek deel ook net so 2 of 3 fotos van my swangerskap om te probeer veilig bly van mense se uitsprake. Dankie vir die mooiste fotos @suna1suna1 ek hou van jou natuurlikheid en dat jy nie edit aan die fotos nie🦋 Liefde K

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

The post ’n Dogtertjie vir Karlien van Jaarsveld! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Hygliteratuur: Buurtwag II


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek