Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Bobby is verslaaf aan …

$
0
0

Die meeste van ons is ook verslaaf hieraan. Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het vanoggend erken hy en sy gesin is verslaaf aan springmielies.

Bobby het ’n foto van sy drie kinders, wat die animasieprent Despicable Me kyk, op Instagram gedeel. “Ons is almal verslaaf aan springmielies,” het Bobby geskryf.

Ons neem Bobby-hulle nie kwalik nie. Springmielies is heerlike bederf!

Hoe klink hierdie resep?

Springmielies met parmesaan-kors

FOTO Lee Malan

Vergeet van net sout of suiker oor jou springmielies. Proe net hoe lekker is
hierdie eenvoudige fliek-peuselhappie met ’n bros kaaskors.
10 porsies

• 45 ml botter
• 100 ml sonneblomolie
• 500 g-pakkie springmielies
• 200 g parmesaankaas, fyngerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter en sonneblomolie tot matig warm in groot pot. Gooi
springmielies in en plaas deksel bo-op. Verhoog hitte. Laat al die mielies uitpof,
sowat 5 – 8 minute.Wees versigtig dat die springmielies wat klaar uitgepof het,
nie brand nie.Verwyder die pot van die hitte wanneer dit vol is en skep boonste
laag springmielies af. Plaas terug op hitte sodat die res uitpof.Verhit oondroosterelement
tot warm. Plaas springmielies op bakplaat en sprinkel
gerasperde parmesaan oor.Geur met sout en peper. Plaas in oond vir
2 – 3 minute of tot kaas gesmelt is en springmielies begin verbruin. Sit voor.

– Resep deur Herman Lensing

The post Bobby is verslaaf aan … appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294