Die bekende akteurspaar Ryan Reynolds en Blake Lively kies om hul eersteling, James (8 maande), buite die kollig groot te maak. Ryan was dus uit die veld geslaan toe een van sy beste vriende probeer het om foto’s van James te verkoop, berig GQ.
Die 38-jarige Deadpool-akteur, wat op die Oktober-voorblad van dié manstydskrif verskyn, vertel dat dit ’n groot skok was toe hy uitvind dat een van sy beste vriende hom wou verraai.
Volgens Huffington Post was geld die rede vir die vriend se verraad. Hy was maklik uitgevang omdat die paartjie foto’s met slegs ’n klein groep mense deel. Ryan het hul vriendskap, wat oor meer as twee dekades strek, glo beëindig.
Ons weet nog nie hoe lyk hul kleinding nie, maar met dié gene kan sy niks minder as baie mooi wees nie.
Blake het op Vadersdag vanjaar dié foto van die trotse pa op haar Instagram-blad gedeel.
Bronne: GQ en Huffington Post
Lees ook
- Ciske Kruger gesels oorBinnelanders en die baba wat op pad is
- FOTO’S: Mandi Baard wys haar gesin
- PRAGFOTO’S van Justin Timberlake se seun PLUS dít was sy eerste woord
- VIRAL-FOTO: 10 Ma’s borsvoed in hul weermag-uniform
The post Ryan Reynolds se vriend wou foto’s van sy baba verkoop appeared first on SARIE.