Die akteurspaar Justin Theroux en Jennifer Aniston het verlede maand in die geheim getrou. Volgens Hello! was dit moeilik om die geleentheid stil te hou en daarom nie lekker om te reël nie.
Justin sê die beste deel van spesiale funksies soos troues reël, is om geliefdes deel van die proses te maak. Hulle manier van dinge doen was egter baie stresvol en dit was vir hom ’n verligting toe hy uiteindelik die nuus met die mense in sy lewe kon deel.
Justin en Jennifer het ’n wit leuen aan hul trougaste vertel en gesê hulle word op 5 Augustus na Justin se verjaardagpartytjie genooi. Groot was die verrassing toe dit eintlik die troue was!
Die twee is skaars sewe weke getroud, maar daar is reeds gerugte dat die wittebrood-fase verby is. Mirror berig Justin moes die media verseker dat hy en Jennifer steeds gelukkig getroud is ná gerugte van ’n moontlike egskeiding opgeduik het.
Lees ook
- FOTO: Allison Williams van Girls-faam trou
- FOTO’S: 10 bekendes wat binnekort trou
- Dié bekende paartjies se verhoudings het in 2015 verbrokkel
The post Justin Theroux sê dit was nie lekker om troue te reël nie appeared first on SARIE.