Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Diaan Lawrenson gesels oor Klein Jakkalsies

$
0
0

Die Afrikaanse aktrise Diaan Lawrenson, wat veral bekend is vir haar rol as Paula van der Lecq in 7de Laan, is eersdaags te sien in die teaterstuk Klein Jakkalsies.

Dié stuk handel oor klein probleempies wat ná etlike jare van getroude lewe begin kop uitsteek en die lewe moeilik maak … byna soos ongenooide gaste. En wie anders kan dié stuk beter saam met haar uitbeeld as haar man, Jodi Abrahams?

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Ons het met Diaan gesels oor dié snaakse teaterstuk, waarin hulle die eerste keer by Aardklop sal optree, en die klein jakkalsie in haar eie verhouding.

“Die stuk is deur Leon Kruger geskryf en toe hy ons vra om daarin te speel, het ons dadelik ‘ja’ gesê. Die humor daarin is vars en anders. Dit is glad nie die tipiese grappies wat oor die huwelik of verhoudings gemaak word nie en in die proses kan ons sommer met onsself die spot dryf,” vertel Diaan.

“Almal wat dit gaan kyk sal daarmee kan identifiseer. Ons steek die draak met tipiese probleme in verhoudings en het hope pret daarmee. Jy vind aanklank by die teks omdat jy jou daarmee kan vereenselwig.

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Volgens Diaan is tipiese klein jakkalsies in verhoudings goed soos jaloesie, verveling, onnodige argumente oor geringe kwessies en wankommunikasie. Laasgenoemde is een wat sy en Jodi veral ken … “Ons verstaan mekaar soms verkeerd,” bieg sy. Maar gelukkig het hulle ’n manier om dit uit die weg te ruim. “Ek en Jodi is nou al lank saam en ons praat baie oor goed wat ons pla. Hoe gouer jy oor ’n probleem praat, hoe gouer gaan dit weg.”

Om te spot oor ernstige goed is soms die beste manier om dit te hanteer. In dié verband haal Diaan haar oorlede Oupa Fanna (Stefanus Marx) aan: “Mens het ’n sin vir humor nodig om die lewe te oorleef.”

Klein Jakkalsies is vir elkeen wat lekker wil lag en die netelige probleme in alledaagse paartjies se lewe ken.

Bespreek jou kaartjies vir Klein Jakkalsies HIER.

Hier is solank ’n klein voorsmakie van die klein jakkalsies tussen Diaan en Jodi se karakters:

 

 

The post Diaan Lawrenson gesels oor Klein Jakkalsies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Slimmer maniere om jou hoofpyn te klop


Gedig: Psalm 8


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Onbeplande, onvergeetlike naweek


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Hygliteratuur: Sonbrand


Derick Hougaard se eerste Kersfees alleen saam met sy seuns


Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?


7 vlekke wat ’n student moet kan verwyder