The Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco se huwelik met haar tennisspeler-man, Ryan Sweeting, is ná minder as twee jaar op die rotse, berig US Weekly.
Volgens die 29-jarige blondine se verteenwoordiger het die paartjie saam besluit om hul huwelik te beëindig. Hulle het ook gevra dat hul privaatheid gerespekteer word en sê hulle gaan nie verder kommentaar lewer nie.
Kaley het foto’s van Ryan van haar sosiale media-platforms verwyder. Ryan het op sy beurt al sy Instagram-foto’s verwyder en sy Facebook-blad gedeaktiveer.
Volgens E! Online omring Kaley haar met vriende en haar geliefde troeteldiere tydens dié moeilike tyd.
Bronne: US Weekly en E! Online
Lees ook
- Só het Kaley Cuoco-Sweeting haar vietse lyfie gekry
- Avril Lavigne en Chad Kroeger se paadjies skei
- Gwen Stefani en haar man gaan skei
- Paartjie se egskeiding-selfie het die wêreld aan die gons
- Praat meer, skei minder – sê ons prokureurs
The post Kaley Cuoco en haar man gaan skei appeared first on SARIE.