Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Carrie Underwood praat oor gewigsverlies en haar post-baba lyf

$
0
0

Die sangeres Carrie Underwood het al voorheen gevaarlike dieetpille gebruik om gewig te verloor, berig E! Online. Maar ná die geboorte van haar sewe maande oue baba, Isaiah Michael Fisher, het sy ’n gesonder roete gevolg om van die oortollige vetjies ontslae te raak.

Volgens People is Carrie ’n streng veganis (sy eet geen dierprodukte nie) wat elke dag oefen. Sy vertel aan Shape dit was vir haar ’n belangrike doelwit om weer in beheer van haar eie liggaam te wees nadat sy ma geword het.

Die 32-jarige blondine meen swangerskap het beslis haar lyf vir altyd verander. Haar boude is meer prominent (sy kla glad daaroor nie) en sy spot dat die vierblaar-klawer-tatoeëermerk op haar maag ’n paar blaartjies “bygekry” het. 

Carrie en die hokkiespeler Mike Fisher is in Julie 2010 voor 250 mense getroud. Hulle het in 2008 ontmoet en ’n jaar later verloof geraak.

Carrie vertel meet oor haar gewigsverlies in die November 2015-uitgawe van Shape

Bronne: E! Online, People en Shape

Lees ook

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting

 

The post Carrie Underwood praat oor gewigsverlies en haar post-baba lyf appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294