Ons kan nie genoeg kry van bekendes se mooi babas nie, en gelukkig vir ons deel hulle gereeld die mooiste foto’s van hul kinders op sosiale media. Hier is die oulikste foto’s van die week.
Die aktrise Megan Fox (hooffoto) het gister dié foto van haar eenjarige seun, Bodhi, op Instagram gesit.
Die “Waka Waka”-sangeres, Shakira, met haar pragtige seuns, Milan (2) en Sasha (nege maande).
TV-persoonlikheid Elana Afrika se meer as 13 000 Instagram-volgelinge is met dié foto bederf: “Ian, jy is ’n fantastiese pa en man. Jou dogtertjie is verskriklik oulik,” het die onderskrif gelees. Klein Esther Beth is byna 7 maande oud.
’n Spesiale oomblik tussen die Protea JP Duminy se vrou, Sue, en hul dogtertjie, Isabella Hannah.
’n Sonbril is ’n moet vir die somer somer, vra maar vir die model Minki van der Westhuizen en klein Katerien.
Duidelik ’n geval van aardjie na sy vaartjie! Kyk hoe lekker maak Arno Jordaan se seun, Milan, musiek.
Lees ook
- Koninklike baba op pad vir prins Carl Philip en prinses Sofia
- FOTO: Simoné Nortmann is Céline Dion se ewebeeld
- 17 FOTO’S: Die transformasie van Kylie Jenner oor die jare
Skryf HIER in vir die Matriekafskeidrok van die Jaar 2015
The post Megan Fox en ander bekendes deel skattige babafoto’s appeared first on SARIE.