Donnalee Roberts en Ivan Botha, die skrywers, vervaardigers en hoofakteurs in hul nuutste romantiese avontuur-fliek, Vir Altyd, vertel in dié video oor die skryfproses en die inspirasie agter die karakters.
Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee Roberts) en Hugo (Ivan Botha) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl … onwetend dat Nina die volgende dag trou.
Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hou hulle lekker partytjie – met baie sjampanje.
As sy weer sien is sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad na Mauritius, die tropiese eiland van liefde. Hier ontmoet hulle twee ander paartjies wat ook hul eie probleme en uitdagings in hul verhoudings ervaar.
Vir Altyd begin op 12 Februarie 2016 landwyd draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.
Lees ook
- Vir Altyd: Ontmoet die karakters
- Só lyk Vir Altyd se amptelike plakkaat
- FOTO’S: Agter die skerms op Vir Altyd se stel
- Dié bekende akteurs speel in ‘Vir Altyd’
The post Donnalee en Ivan deel die storie agter ‘Vir Altyd’ appeared first on SARIE.