Die Grammy-bekroonde sangeres Adele se eerste enkelsnit in drie jaar, “Hello”, het die internet aan die gons. Sy het ook vir die eerste keer in drie jaar ’n onderhoud toegestaan en ’n paar interessante goed oor haarself erken, berig i-D.
Volgens People weet jy moontlik nie dié vyf goed van die 27-jarige rooikop nie:
1. Ná die dood van haar ouma, toe sy 10 jaar oud was, wou die sangeres ’n dokter word sodat sy mense gesond kon maak.
2. Sy skryf haar eie lirieke en met die hand.
3. Vandat sy ma geword het, haar eersteling Angelo James Konecki is in Oktober 2012 gebore, is haar kop skoner en sy bekommer haar baie minder oor onbenullighede.
4. Adele hou baie van Taylor Swift se liedjie “I Knew You Were Trouble”. Die musiekvervaardiger Max Martin, wat verantwoordelik is vir ’n paar van Taylor se treffers, is ook betrokke by Adele se nuwe musiek.
5. Hoewel sy voorheen gesê het sy sal noot toneelspeel nie, was dit vir haar lekker om spontaan te moes huil vir die Hello-musiekvideo.
Kyk hier na die musiekvideo wat reeds 100 miljoen keer gekyk is.
Adele se langverwagte derde album, ’25’, word op 20 November vanjaar bekend gestel.
Lees ook
- Luister nou: Adele se nuutste liedjie ‘Hello’
- FOTO’S: Rolanda Marais is nou blond
- FOTO: Elizabeth Hurley, 50, wys haar bikini-lyf
The post 5 dinge wat jy nie van Adele geweet het nie appeared first on SARIE.