Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Darren Scott en Sarah-Kate skei

$
0
0

Die egpaar het vandag op Facebook aangekondig dat hulle gaan skei.

In ’n gesamentlike verklaring het die paartjie aangekondig dat hulle ná 6 jaar gaan skei. Hulle skryf 5 van dié 6 jaar is gekenmerk deur uitdagings vir hul huwelik en hul gesin.

“Ná baie oorweging en gesprekke het ons die gesamentlike besluit geneem om te skei.”

Darren en Sarah-Kate is die ouers van Mark en Matthew. Albei ouers gaan steeds in die kinders en mekaar se lewens betrokke wees, luidens die verklaring.

Die Scott-gesin was in 2012 gereeld in die nuus toe hul eersteling met kanker  gediagnoseer is. Drie jaar later is Mark (5) “perfek en geniet skool”, sê Sarah-Kate. Hul jongste, Matthew, is 2.

Darren is verlede maand met kanker gediagnoseer.

Sarah-Kate het verlede jaar die Mev. Suid-Afrika-titel gewen en het vanjaar aan die Mev. Heelal-kompetisie deelgeneem. Sy het aan SARIE.com vertel die titel het, soos enige ander werk, sy eie uitdagings: “Ek mis my kinders en dis nie altyd maklik om hulle by die huis te los nie, maar dis so vir enige ma wat haar beroep en gesinslewe moet balanseer. Ek besef ook dat ek om ’n rede geroep is, dat ek in die bevoorregte posisie is om ander vroue te kan bemagtig.”

“Ek sou dit nie sonder die ongelooflike ondersteuning van my man kon doen nie. Ons probeer om altyd te onthou dat elke moeilike situasie ’n silwer randjie het. Darren bring nou baie tyd saam met die kinders deur… Kinders verander jou. Hulle kom eerste. Ek wil ’n rolmodel vir myne wees. Ek wil vir hulle wys dat jou ouderdom nie jou drome hoef te bepaal nie en dat dit belangrik is om jou medemens te help.”

Lees die res van dié onderhoud HIER

Lees nou

The post Darren Scott en Sarah-Kate skei appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294