Twee koppe is beter as een! Glanspersoonlikhede moet gereeld hoor dat hulle té vet of té maer is, maar die sangeres Ariana Grande en Modern Family-aktrise Ariel Winter het besluit om kragte saam te span en internet-boelies op hul plek te sit, berig Popsugar.
Ariana was eerste om terug te kap toe ’n anonieme skrywer dié uitlating op sosiale media maak: “Tussen Ariana en Ariel verkies ek definitief vir Ariel, want kurwes is sexy, nie stokke nie.”
Die 22-jarige “Focus”-sangeres het haar reaksie op dié kritiek met haar miljoene Instagram-aanhangers gedeel: “Dis onaanvaarbaar om so oor mense se lywe te praat, veral as hulle nie vir jou opinie gevra het nie. Glo altyd jy is mooi. Dit is ’n perfekte dag om jouself te wees,” het sy geskryf.
Volgens E! Online is die Modern Family-ster, wat onlangs haar borste laat verklein het, in die verlede “vet”genoem. Sy het Ariana bedank en geskryf: “In vandag se wêreld moet ons saamstaan. Ek glo ons moet mekaar bemagtig en nie verkleineer nie …”
Lees ook
- Só hanteer Selena Gomez internet-boelies
- Gigi Hadid kap terug ná kritiek op haar lyf
- Die Lizzie-projek: die mooiste storie van ’n ‘lelike’ meisie
Skryf HIER vir dié kompetisie in
The post Ariana Grande en Ariel Winter staan saam teen internet-boelies appeared first on SARIE.