Die 13-jarige seun van die voormalige sokkerheld David Beckham en sy vrou, die modeontwerper Victoria Beckham, is weer te sien in die nuutste Kers-advertensie van Burberry, ’n luukse mode-handelsmerk, berig E! Online.
Dié veldtog sluit bekendes soos die sanger Elton John, die supermodelle Naomi Cambell en Rosie Huntington-Whiteley, sowel as die Downton Abbey-aktrise Michelle Dockery in.
Die tema van die advertensie is Celebrating 15 Years of Billy Elliot, wat sinspeel op die fliek oor ’n seun wat teen sy pa se wil ’n balletdanser word. Dié advertensie is gisteraand bekend gestel.
Die uitvoerende direkteur van Burberry, Christopher Bailey, het gesê dit was ongelooflik om saam met van die mees talentvolle akteurs, modelle en musikante in Brittanje te werk, berig Hello!.
Die bekende fotograaf Mario Testino het die foto’s vir die Burberry-veldtog geneem:
Burberry het hierdie video van die veldtog op hul Instagram-blad gedeel:
Dit is werklik ’n pragtige veldtog en ons kan nie wag vir die feesseisoen nie!
Lees ook
- Sarah Jessica Parker (50) se raad aan jonger self
- FOTO’S: Prinses Charlotte is 6 maande oud
- Die mooiste rokke by die Hollywood Film-toekennings
The post Romeo Beckham in advertensie met Elton John en Naomi Campbell appeared first on SARIE.