Die celeb-biograaf J. Randy Taraborrelli se nuwe ongemagtigde boek, Becoming Beyoncé, is nou op die rak, berig Cosmopolitan. Hier is 5 dinge uit sy boek wat jy dalk nie van Beyoncé Giselle Knowles-Carter geweet het nie.
1. Die musiek-ikoon Prince het Beyoncé in die vroeë 90’s genader om haar album by sy ateljee, Paisley Park, op te neem. Sy het die aanbod van die hand gewys.
2. Sy het glo in haar vroeë twintigs haar borste laat vergroot.
3. Ná haar onvergeetlike optrede in 2009 by president Obama se inhuldigingsbal het die president sy selfoonnommer vir Beyoncé gegee en gesê die Carters kan hom enige tyd bel.
4. Beyoncé se alter ego, Sasha Fierce, is gebore toe sy ’n paar Lorraine Schwartz-oorbelle van $250 000 (meer as R3,4 miljoen) na die skare gegooi het. Haar niggie, Angela Beyince, het vir haar die noemnaam gegee.
5. Beyoncé en haar man, die musikant Jay Z, is in 2005 uitmekaar omdat hulle albei te besig was. Sommige skindertonge beweer die sangeres Rihanna was die rede vir die skeiding. In 2006 het hulle egter die verhouding nog ’n kans gegee.
Bronne: Cosmopolitan
Lees ook
- Beyoncé gesig van nuwe $10-noot?
- GERUG: Beyoncé en Jay Z se $1 miljard-egskeiding
- Nuwe haarstyle: Beyoncé, Kylie Jenner én Lupita Nyong’o
The post 5 dinge wat jy nie van Beyoncé geweet het nie appeared first on SARIE.