Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis het die mooiste foto’s van hom en sy drie seuns op die strand tydens hul gesinsvakansie op Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus op Twitter gedeel.

FOTO: Twitter Jay du Plessis
Die seuns, Aidan (8), Samuel (5) en Luka (1), en Jay glimlag vir die kamera. Hul ma, Mia du Plessis, het dié foto’s ook op haar Instagram-blad gedeel.
Jay het by die foto’s geskryf daar is niks beter in die wêreld as om tyd saam met sy seuns te spandeer nie.
Bietjie tyd saam met my boys! Niks beter in die wêreld nie. pic.twitter.com/fwxPX6dhqm
— JAY (@Jay_du_Plessis) November 5, 2015
Jay was byna drie maande gelede in ’n perdry-ongeluk waarin hy sy oogbank gebreek, ’n ooglid geskeur en sy niere en ribbes gekneus het – lees meer HIER.
Geniet die vakansie!
Lees ook
- Trevor Noah kry noodoperasie & mediareuse reageer
- FOTO’S: Bekendes wat snaakse gesigte trek voor die kameras
- FOTO: Schalk Burger se Michele wys nuwe haarstyl
The post FOTO’S: Jay du Plessis wys gesinsfoto’s van hul seevakansie appeared first on SARIE.