Die Olimpiese swemmer Michael Phelps en sy verloofde, die model Nicole Johnson, gaan binnekort vir die eerste keer ouers word, berig E! Online.
Die 30-jarige atleet het gister dié nuus met sy duisende Instagram-aanhangers gedeel: “Ons het agt weke gelede uitgevind ons verwag ’n baba … en dit lyk of dit ’n seuntjie is!” het dié foto se onderskrif gelees.
Talle boodskappe van gelukwensing het vir hulle op sosiale media ingestroom: “Baie geluk! Ons is bly vir julle,” het een aanhanger geskryf.
Volgens Entertainment Tonight kom dié goeie nuus ná ’n moeilike tyd vir Michael wat in 2014 vir dronkbestuur aangekeer is en daarna in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem is.
Michael en Nicole is sedert 2007 ’n paartjie en het in Februarie vanjaar verloof geraak.
Bronne: Entertainment Tonight en E! Online
Lees ook
- FOTO: Ciske Kruger se groeiende babamaag
- Ginnifer Goodwin is weer swanger én sy het ’n nuwe haarstyl
- Prinses Charlene van Monaco se nuwe kórt haarstyl, plus nuus oor die tweeling
- 8 dinge wat jy van Sofía Vergara en Joe Manganiello se troue móét weet
The post FOTO: Michael Phelps gaan pa word! appeared first on SARIE.