Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman se album Pêrel vir ’n Kroon, wat einde Julie bekend gestel is, het goue status bereik.
Sulke nuus verbaas haar duisende aanhangers glad nie: “Sjoe! Jy is darem ’n mooi mens, net soos jou musiek,” het een op haar Facebook-blad geskryf.
Die 29-jarige blondine, wat vroeër dié jaar getrou het, is alewig aan die gang. Sy het onlangs ’n dekor-reeks op die been gebring en haar nuwe enkelsnit, “Bittersoet van Liefde” is ook ’n treffer.
Kyk hieronder na Andriëtte se Pêrel vir ’n Kroon-musiekvideo wat reeds meer as 70 000 keer gekyk is.
Baie geluk, Andriëtte!
Lees ook
- FOTO’S: Andriëtte Norman het nou ’n dekorreeks en só gaan dit met manlief
- Andriëtte Norman se wittebroodfoto’s
- TROUVIDEO: Andriëtte Norman se sprokiestroue
- TROUFOTO’S: Andriëtte Norman wys haar mooiste dag
The post Andriëtte Norman se goeie nuus appeared first on SARIE.