Dit was gisteraand die vierde keer dat Kate, die hertogin van Cambridge, ’n tiara in die openbaar dra. Die geleentheid was die jaarlikse diplomatieke onthaal by Buckingham-paleis.
Maar dié tiara het ’n spesiale geskiedenis. Die tiara word die Lover’s Knot genoem en het behoort aan wyle prinses Diana. Koningin Elizabeth II het dié tiara vir Diana op haar en prins Charles se troudag in 1981 gegee.
Dit is die eerste keer dat iemand dié tiara sedert Diana se dood in 1997 dra, berig E! Online.
E! Online berig dat koningin Mary die opdragwerk vir dié tiara in 1913 – 1914 gegee het. Die ontwerp is geïnspireer deur ’n kroon wat haar ouma, prinses Augusta van Hesse, die hertogin van Cambridge, gehad het.
Ná Mary se dood in 1953 het koningin Elizabeth II dit gekry. Sy het dit gereeld gedra en later besluit om ook haar ander juwele te dra en dit daarna vir haar skoondogter te gee. Dit was glo een van Diana se gunsteling-juweliersware.
Bronne: E! Online, Hello! en Order of Splendor
The post FOTO: Kate in Diana se bekende tiara appeared first on SARIE.