Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Keira Knightley verklap pienkvoet se naam

$
0
0

Die Pride and Prejudice-aktrise Keira Knightley en haar man, die musikant James Righton, het reeds in Mei hul eersteling verwelkom, maar volgens E! Online maak hulle nou eers die baba se geslag en naam bekend. 

People berig dat Keira tydens haar eerste onderhoud ná haar swangerskap heelwat oor haar dogtertjie, Edie, te sê gehad het: “Dit is ’n baie natuurlike liefde. Dit is nogal besonders.”

Die 30-jarige brunet voeg by dat ma-wees haar gehelp het om met nuwe oë na haar lyf te kyk:

Nadat jy die lewe geskenk het en jou kind geborsvoed het, besef jy; ‘Wow, my lyf is wonderlik en ek sal nooit weer nie daarvan hou nie’.

Keira Knightley

Keira het ook tydens dié onderhoud gesê sy is bly dat sy nie meer in haar 20’s is nie: “Ek was baie skaam. Dit het baie jare geneem om nie heeltyd te probeer om ander mense gelukkig te hou nie en om myself toe te laat om pret te hê.”

Keira en James is in Mei 2013 getroud.

Bronne: E! Online en People

Lees ook

The post Keira Knightley verklap pienkvoet se naam appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


[Resep] Pampoensop


Hygliteratuur: Buurtwag II


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!