Die aktrise Illse Roos gaan binnekort in die eg Kaapse sepie, Suidooster, op kykNET te sien wees.
Illse sal vanaf 9 Maart op die kassie gesig wys. Sy speel die rol van Rita Gerber: Chris (Marcel van Heerden) se vrou en Tim (Marco Spaumer) se ma.
Vir Illse is die Kaapse Dokter nie iets vreemd nie. Sy en haar gesin woon die afgelope tyd in Kaapstad.
“Dis ’n heerlike rol wat my op my tone hou. My pad werk toe loop langs die see en aan die voet van Tafelberg verby … Ek kan beslis nie kla nie!” het Illse in ’n verklaring gesê.
Lees nou
- ‘Binnelanders’ se Daleen, Desiré Gardner, binnekort in ‘Suidooster’
- Sportster Lionel Messi se goue hart
The post Die wind waai Illse Roos na ‘Suidooster’ toe appeared first on SARIE.