Die wêreld gons omtrent oor die geheime troue tussen die akteurspaar Jennifer Aniston en Justin Theroux. Daar word bespiegel oor elke detail van die intieme seremonie waar slegs 70 mense teenwoordig was. Die nuutste kwelpunt waaroor aanhangers tob, is die feit dat die manlike Friends-sterre, Matthew Perry, Matt LeBlanc en David Schwimmer, nie genooi was nie, berig People.
People het vir Matt, wat die rol van Joey in die supergewilde TV-reeks gespeel het, gevra waarom hy nie daar was nie. Hy het gesê: “Ek sou beslis daar gewees het indien ek genooi was. Jennifer is soos ’n klein sussie vir my.”
Matthew Perry, wat vir ons almal as Chandler bekend staan, het op sy beurt gesê die troue was vir hom ook ’n verrassing. Hy het gesê Jennifer en Justin is ’n wonderlike paartjie en hy is baie bly vir hulle dat die troue ’n geheim kon bly.
Daar word nie ’n woord gerep oor Dawid Schwimmer, wat die rol van Ross, Jennifer se karakter, Rachel, se groot liefde in Friends gespeel het, se teenwoordigheid by haar troue nie.
Dit is reeds bekend dat beide Courtney Cox en Lisa Kudrow wel by die troue was. Courtney was Jennifer se strooimeisie.
People het eksklusiewe regte om die foto’s in hul volgende uitgawe te publiseer. Ons kan nie wag nie!
Lees ook
- Jennifer Aniston en Justin Theroux trou (uiteindelik)!
- Nóg ’n Hollywood-ster trou in die geheim
- Koningin Elizabeth se trouvideo eerste keer ooit bekend gestel
The post Hoekom was die Friends-manne nie by Jennifer Aniston se troue nie? appeared first on SARIE.